Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Elementaal" deur HENRI LAURIE
"Elementaal" deur HENRI LAURIE [boodskap #25086] Sa, 31 Julie 1999 00:00
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
Elementaal
Henri Laurie

Waardeer die gees wat wakker word
in aarde en geweld, ontvang die guns
van eenvoud, hoop en waagmoed stort
seëvierend oor jou uit. Die kuns
van alledaagse pronk, van kant
en poeier fyn, word wurm voor
'n helder oog. Dis nie 'n land
bewerkbaar nie, dis oor en oor
die stipte van jou volle self
wat roete maak oor golwe heen
en storms met 'n plan bejeën.
Aanvaar jou krag en broosheid, voel
die tintel in jou ribbes koel
en kokend heet, op loop soos elf.
Vorige onderwerp: "die geweer swaai die man" deur HENRI LAURIE
Volgende onderwerp: "Opdrag" deur HENRI LAURIE
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 08:25:57 MGT 2024